Categories
Uncategorized

Die stiltes in die musiek

Ek lees in The Music Shop van Rachel Joyce hoe die hoofkarakter se ma, Peg, vir hom van musiek leer. Sy sê die belangrikste deel van musiek is die stiltes. Sy lê klem daarop dat die stilte voordat die musiek begin en die stilte aan die einde verskil. As hy vra hoekom, verduidelik sy dat dit is omdat die wêreld verander terwyl mens luister. (Lees dit weer: die wêreld verander terwyl mens luister!) Sy gebruik dan Beethoven se 5de simfonie om vir hom te wys dat daar ook stiltes in die middel van die musiek is. 

Moet net nie die dierbare boekmerk miskyk nie. ‘n Geskenk van my kleinsus!

Da da da dum. The sound crept out of the silence like a great beast emerging from the sea. Da da da dum.

‘Hear that?’ She lifted the needle.

‘What, Peg?’

‘You heard the little pause in the middle?’

‘Yes.’

‘You see?’ You see what Beethoven’s doing? There is silence inside music too. It’s like reaching a hole. You don’t know what will happen next.’

Ek het dié deel sommer ‘n paar keer gelees. Die bladsy se hoekie ‘n klein voutjie gegee, want ek weet ek gaan weer terugkom en weer lees. (Ek weet, sekere boekliefhebbers se oë rek nou – maar dis hoe ek my skrywers komplimenteer: met ‘n klein drukkie so op die bladsy se hoekie. En dit laat my toe om terug te kom en die mooi, of die lekker, weer te geniet. Dis soos lagplooitjies om mense se oë, dié voutjies in my liefboeke se hoekies.)

Dit is ‘n groot ding wat Frank se ma hom hier leer. Oor musiek en oor Beethoven, ja, maar ook oor die lewe. Hoe baie mis ons nie omdat ons die stiltes mis nie? Ons spring bo-oor die gate omdat ons MOET weet wat volgende gaan gebeur, en in die proses ontneem ons onsself van daardie asem-intrek oomblik voor die volgende jubelende akkoord. Ons steel die opwinding, die verrassings wat die lewe se komponis vir ons weggesteek het. O ja, al daardie verrassings is beslis nie lekker nie, en al die opwinding verseker nie positief nie. Maar die stilte vooraf sou dit dalk meer draaglik gemaak het. En die stilte agterna gee heelmaak-tyd.

Dié hoofstuk van The Music Shop eindig só: Silence was where the magic happened.

Sjjjjjjjt gou-gou. Luister!

By Christa

Writing about ordinary things that inspire me ...

7 replies on “Die stiltes in die musiek”

Leave a comment